Kranspoort is in die Loskopvallei geleƫ naby die inloop van die Krokodilrivier in Loskopdam. Aangesien hierdie vakansiedorp tussen Middelburg en Groblersdal gelee is, en kerkgangers digby 50 km moes afle om 'n kerk te besoek het die behoefte vir 'n plek van aanbidding vir die inwoners van Kranspoort en boere van die
omgewing ontstaan.
Die gedagte om 'n kerk in Kranspoort te begin, is reeds in Oktober 2000 bespreek. Die
name van Carel de Jager en sy span, Tom Markram, Tobie Verwey en sy Kranspoortspan, Pieta en Jan van Vreden met hul span werkers, word genoem. Pieta het laat blyk dat haar oorlede man 'n begeerte uitgespreek het om hul stoor te omskep in 'n plek van aanbidding.
Kort na sy dood word Jan se droom bewaarheid en Pieta stel Jan se skuur beskikbaar om omskep te word in 'n vergaderplek vir mense wat 'n behoefte het om hier te kom luister na God se woord. Sonder pretensie, oop vir alle gelowiges, 'n heerlike gemeenskaplike "boskerk". Ds Marius Kriel van Witbank se kersdiens van Desember 2002 was die eerste erediens wat hier gehou is. Ds Piet Hattingh het die eerste amptelike diens van "Kranspoort gemeenskapskerk" gehou in Januarie 2001.
|