Terug na die tuisblad Ontmoet die mense van die Witkerk Skakel by ons in Lees die nuus Bybelleesprogram Bly op hoogte van ons program Hier bly ons staan Preke vanaf ons kansel Leer meer van die Wit kerk dis hoe ons lyk! Waar ons vandaan kom Kranspoort

Koffiehuis-Pinkster

Kom ons bid

Kan ander sien dat God elke dag deel van my lewe is? Die Heilige Gees is by ons tot in alle ewigheid. Hy woon in ons harte want ons is die tempel van die Heilige Gees. Wie dan God die Vader as God en Here het, het ook die Here Jesus Christus as Verlosser en die Heilige Gees as vertrooster. Net soos wat die Vader alles tot stand bring, net so sterf Jesus Christus aan die kruis tot versoening van die uitverkorenes. Aan almal is die Gees van God eenmaal uitgestort om in die kerk en elke gelowige te regeer. Met die rustige saam kuier atmosfeer gedurende ons Pinkster het ons baie bymekaar geleer en het ons saam gegroei. Ons weet dat God Drie-enig in ons woon, maar besef ons dat as ons sondig, dit voor hierdie selfde God is. God is nie daar bo iewers nie, Hy is hier by jou en jy sondig direk voor sy aangesig. Hierdie gedagte het my twee keer laat dink en weet ek net dat voordat jy daardie gewoonte sonde doen, jy twee keer gaan dink. Dankie vir die ge- leentheid dat ek deel kon wees van hierdie Pinkster!

Mandi

♦ Bid dat die Here jou sal oortuig van sonde in jou lewe. Laat die Here toe om jou te wys indien daar 'n verhouding met enige ander persoon is wat nie volgens Sy wil is nie.

♦ Bid vir nuwe krag en ywer in jou gebedslewe.

♦ Bid dat die Here jou opnuut 'n visie sal gee van enige-iets ter uitbreiding van die Koninkryk.

♦ Bid dat die Here jou die vermoë sal gee om verby ander mense te kyk en Hom raak te sien.

♦ Bid dat elke erediens vir jou 'n ontmoeting met God sal wees.

♦ Bid dat die Here jou met ‘n Jesus-gesindheid by die dinge van die Here betrokke sal maak.

♦ Bid dat jy krag sal ontvang om te getuig en wanneer jy getuig, dat jou lewe harder as jou woorde sal praat

Baie dankie

Eerstens groot dank aan ons Hemelse Vader, wat vir ons die krag en die wysheid gee, en ons instaat stel om vir ons kinders te kan sorg. Net ‘n bietjie terugvoer.Klein Pieter is baie siek en het nog ‘n operasie gehad. Hy was vir 7 weke in die Pretoria Hospitaal, maar is nou darem weer tuis. Sy vierde verjaarsdag is om die draai, 4 Julie.Daar is steeds ‘n behoefte aan doeke vir hom.Dit sal opreg waardeer word as u hom in jul gebede kan opdra.Meeste van die kinders in die huis het verkoue gehad, maar is nou reeds beter.Daar is ook 2 nuwe kinders by ons - ‘n 13 jarige seun en ‘n 3 jarige dogtertjie. Hierdie huis is soos enige ander huis.Weeksdae is dit vroeg opstaan.Daar moet na 4 verskillende skole gery word om al die kinders op en af te laai.Dit vat meet en pas om almal in die motor te kry voor ons kan ry. Na die lang skooldag is dit middagete, daarna rus die kleintjies met ‘n storie wat gelees word, terwyl die groter kinders leer.Nadat die kleintjies gerus het is dit speeltyd, totdat dit tyd is om te gaan bad.In hierdie tyd maak ouma solank die aandete gereed.Saterdae doen ons “pret dinge”.Die ouer kinders doen hul eie ding.Oupa maak die voëlhokke skoon en versorg die voëls.Ouma bak kolwyntjies saam met die kleinspan.Elke kind kry die geleentheid om sy eie kolwyntjie te versier met versiersuiker en lekkertjies.Daarna is dit speeltyd.wil net graag dankie sê aan elkeen wat hul harte oopmaak vir Keerom Pleeghuis, deur die gee van komberse, klere, kos en finansiële ondersteuning. Baie dankie vir julle gebede vir ons en die kinders – daar sonder, kan ons dit nie doen.God seën julle!

Liefde Liz

... maak Oupa se plekkie reg, asseblief.

Ek hoop nie ek is te laat met my brief nie, want oupa is baie siek. Nou wil ek vir Liewe Jesus gou-gou vertel wat Oupa van hou en nie van hou nie sodat as hy in die hemel kom als reg sal wees. Liewe Jesus se vir Ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink Oupa sal baie honger wees as hy daar kom. Jy weer self hoe vêr is die hemel van die aarde af, en as mens so lank gery het, is ‘n mens baie honger.

Sorg tog asseblief dat daar baie boeke is, wnat Oupa het graag gelees toe hy nog gesond was. Hy hou niks van katte nie, want die hare laat sy bors toetrek. Hy’s mal oorhonde, so dit sal goed wees as liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan he. O ja, liewe Jesus Oupa snuif, hy snuif Singleton. Dit sal nie help on ander snuif te koop nie.

Dan net ‘n laaste ou gunsie. My Oupa het nooit van blink goeters gehou nie. Nou lees ek in die Bybel in die hemel is die strate van goud. Ag Jesus, dis nie dat Oupa ondankbaar is nie maar hy sal meer daarvan hou om in die veld tussen die voeltjies en diere te bly. So asseblief, as Ouma daar by die blinkstrate bly, laat haar asseblief dadelik bos toe trek, want as Oupa daar kom moet sy by hom wees.

Ek dink ek het nou als gese wat ek moet.

Stuur hierdie drie x x x vir ouma.

Ek lief U duisend liewe Jesus!

Lize Mari de Jager

Tannie Cathy verjaar!

Tannie Cathy het haar 95 ste verjaarsdag op Woensdag, 10 Mei gevier! Baie geluk! Ons wens Tannie nog baie gesonde jare toe. Sy het 30 pannekoeke by die Silwer Seniors bestel.

Die Silwer Seniors het vroeg die oggend bymekaar gekom en vir haar 200 pannekoeke as verassing gebak. Die pannekoeke is netjies verpak en by die SAVF tehuis vir bejaardes afgelewer. Groot was haar verbasing en baie trots toe sy hoor dit kom van die Witkerk af!

Almal het lekker saam geëet en het die bederfie so geniet!

Dankie Silwer Seniors, julle het my dag gemaak!

Tannie Cathy Gods Rykste seën word u toe gebid.

Dankie vir die wonderl1ke voorbeeld wat tannie vir ons stel. Dankie dat ons kan deel in tannie se positiewe gesindheid. Jou standvastigheid en voorbeeld stel ons hoog op prys!

Knap gedaan Silwer Seniors!