![]() |
|||||
|---|---|---|---|---|---|
|
|
![]() |
||||
![]() |
Ockie Pretorius is 'n gebore Middelburger. Hy het hier skool gegaan en toe by die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Nadat hy sy Honneursgraad en later sy Meestersgraad in Menslike Hulpbronne voltooi het, het hy teruggekom Middelburg toe. Ockie is as kind in die Witkerk gedoop. Hy is getroud met Christenette en hulle het twee seuns, Anrich en Janko. Ockie en Christenette se vorige verbintenis met die Witkerk het 'n deurslaggewende rol gespeel in hulle besluit om hulle aan die Witkerk te verbind. Hy hou van die tradisie van die Witkerk en glo sterk in die waardes en visie van die Kerk. “Ek voel dat ek geestelik baie gegroei het sedert my betrokkenheid by die Witkerk en dat die Witkerk 'n mens uitdaag om werklik deel te word van die Liggaam van Christus en om betrokke te raak.” Ockie se gebed is dat die Witkerk 'n sleutelrol mag speel in herlewing in die middedorp van Middelburg. Hy droom daarvan dat die Witkerk 'n geestlike tuiste kan word vir almal in die omtrek van die Witkerk. “Die gebou is so mooi landmerk in Middelburg en moet ook 'n geestlike landmerk vir God se koningryk word - wat natuurlik verder strek as net die gebou! My droom is dat ons 'n gemeenskap sal stig waarin mense mekaar werklik ken, omgee en betrokke raak. Die uiteindelike doel bly steeds om God se boodskap van liefde te verkondig en Hom te verheerlik in alles wat ons doen!” Ockie is die Voorsitter van die Kerkraad. |
||||
Piet Kruger het in 1976 vir die eerste keer in Middelburg aangekom. Na 'n klein rukkie afwesigheid van 1983 het Piet weer sy weg terug gekry na Middelburg in 1990. Piet is getroud met Corne. Hulle het vyf kinders wat almal reeds uit die huis is. Hulle is die trotste grootouers van vier kleinkinders. Piet het sy merk in die motorinstrie gemaak en is tans na-verkope bestuurder by Eastvaal Motors, Middelburg. Piet en Corne is lidmate van die Witkerk vanaf September 1993. Hy dien op die kerkraad sedert 1996. Piet voel dat hy veral die afgelope twee jaar besondere geestelike groei beleef het. dit het gekom deur hulle gereelde bywoning van die eredienste en kleingroepe. Piet sien sy EEIII opleiding as 'n hoogtepunt. Ek droom dat ons gemeente 'n biddende gemeente mag wees wat eerstens uitreik na sy lidmate. Ek sien 'n gemeente wat groei deur ons uitreik na alle mense in Middelburg sentraal tot eer en verheerliking van ons Almagtige Vader en tot uitbreiding van Sy koninkryk. Piet dien op die Kerkraad asVerhoudingsbestuurder. Die grootste taak is die kommunikasie tussen die verskeie bedieninge en die gemeente. Hy moet ook die ouderlinge en diakens duidelik op hoogte hou van die beraadslaging en besluite van die Kerkraad. "Alles wat wat van belang is tussen die groepe moet sinvol oorgedra word sodat almal weet wat aangaan." |
|||||
Christoff Prinsloo is in 1975 in Middelburg gebore en is destyds in die NG-Suid gemeente gedoop. Hy brei die skoolbanke eers op Laerskool CR Swart en later op HTS Middelburg waar hy in 1993 matrikuleer. Christoff skuif Pretoria toe en behaal in 1998 ’n graad in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria. Christoff bemoei hom met metallurgie in Randburg en Boksburg vir ’n paar jaar maar skuif terug na sy wortels in 2004 waar hy by Kanhym Landgoed aansluit. In 2007 voltooi Christoff ’n Meestersgraad in Bestuursleiding aan Unisa. Hy is getroud met Surette en hulle het drie spruite; Belita (9), Christi (7) en Lodewikus (3). Die Prinsloo’s se betrokkenheid by die Witkerk het kort na hul terugkeer in Middelburg begin. Hulle het onmiddellik byval gevind by die erns wat in die Witkerk gemaak is met suiwer woordverkondiging en is van die staanspoor af deur die selgroepe versorg. Dit is Christoff se droom dat die mense in Middelburg se midde-dorp die Witkerk sal leer ken soos hy en sy gesin haar ervaar. Christoff is oortuig dat God ’n baie spesiale plan vir die Witkerk het en dat Hy ons wil deelmaak van ’n wonderlike geleentheid on Hom te verheerlik. Christoff dien tans op die kerkraad as die voorsitter vir die Dissipelskap bedieninig. |
|||||
| Tuisblad / Ons mense / Skakel in / Preke / Nuusbrief / Jaarprogram / Leesprogram / Waarvoor ons staan / Geskiedenis / Kerkgebou / Fotoalbum | |||||